Local sportSport

Netbaldogters veg hard vir liga-glorie

Bergvlam se o/18's het mooi kopgehou gedurende 'n spanningsvolle wedstryd wat enige kant toe kon gaan.

Dit was ‘n netbalfees soos min gedurende die Ehlanzeni Netbalkampioenskappe A1 en A2 wat Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira plaasgevind het.

Hoër- sowel as laerskole het in 17 rondes teen mekaar gekompeteer om te sien wie Ehlanzeni in die Mpumalanga- netbalkampioenskappe in eMahlahleni op 20 Junie gaan verteenwoordig.

NHS se dogters het in die A1- streek puik presteer en die ander skole behoorlik van die baan af gespeel.

Octavia Mashaba doen haar bes om Michelle Kruger se poging te stuit.
Octavia Mashaba doen haar bes om Michelle Kruger se poging te stuit.

Al hulle eerste spanne het as wenners in die streek uitgetree en sal sterk aanspraak by die Mpumalanga-kampioenskappe maak.

Kyk hier vir meer foto’s van die Ehlanzeni A 1 en A2 Kampioenskappe

Hoërskool Rob Ferreira het ook uitgeblink met hulle netbaldogters wat ook skitterend vertoon het.

Die o/14-, o/15- en o/16-spanne het almal eerste in hulle streek (A2) geëindig. Hulle o/18’s dring óók deur, ten spyte daarvan dat hulle teen Hoërskool Bergvlam 21-16 gesneuwel het en tweede geëindig het.

Bergvlam se o/18’s het mooi kopgehou gedurende ‘n spanningsvolle wedstryd wat enige kant toe kon gaan.

Hierdie vertoning gaan vir Vlammies ekstra selfvertroue gee in die volgende wedstryde wat op die ligbloues wag.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button