Robbies se eerste hokkiespan bou momentum
Hulle het op grond van hul puntestand tot die einde van die liga deurgedring.
Hoërskool Rob Ferreira se eerste hokkiespan het verlede naweek die Hartland-liga gewen al het hulle met ‘n 3-3-telling teen Hoërskool Secunda se eerste span gelykop gespeel. Hulle het op grond van hul puntestand tot die einde van die liga deurgedring.
Dié doelfees het vir ‘n aantreklike hokkiewedstryd gesorg waar albei spanne alles op die spel geplaas het. Teen die einde van die dag kon albei spanne die wedstryd gewen het, maar goeie verdediging deur beide het gesorg dat dit 3-3 geëindig het. Robbies se ander hokkie- en rugbyspanne het erg gesukkel.

Die eerste rugbyspan het met 69-16 die onderspit teen Secunda gedelf.
Robbies se verdediging kon nie die vloed drieë stuit nie. Secunda het van die begin af hul stempel afgedruk en seker gemaak dat hulle die wedstryd deurgaans beheer.
Die 2015 Port Natal-toerwenners het beslis gewys hoekom hulle as ‘n gevaarlike span gereken moet word.
Die tweede rugbyspan het wel ‘n verfrissende 30-20-oorwinning behaal om die gemoedere kalm te hou nadat die ander rugbyspanne almal aan die verkeerde kant van die telbord geëindig het.
Uitslae
Rugby
O/14: Rob Ferreira 7 – Secunda 34
O/15: Rob Ferreira 3 – Secunda 7
O/16: Rob Ferreira 10
– Secunda 19
Tweede span: Rob Ferreira 30
– Secunda 20
Eerste span: Rob Ferreira 16 – Secunda 69.
Hokkie
O/14: Rob Ferreira 0
– Secunda 5
O/15: Rob Ferreira 1 – Secunda 3
O/16: Rob Ferreira 0 – Secunda 5
Eerste span: Rob Ferreira 3
– Secunda 3.
