Local sportSport
Taai en kwaai, maar dis die Impalas wat weer koning kraai
Nie eers Nelspruit Rugbyklub se sterk manne kon die Impalas van stryk bring nie en die manne in blou is steeds onoorwonne.
Saterdag, 6 Junie se wedstryd was ‘n taai een, maar daar was weereens nie keer aan die Komatipoorters nie.
Die voorspelers se skrumwerk het werklik beïndruk. Die wedstryd was deurentyd kop-aan-kop, met albei spanne wat slegs een drie kon aanteken.
Chris Botha het egter ‘n strafskop én ‘n skepskop oorgesit, wat die wedstryd in die guns van die Impalas laat draai het. Hulle drie is deur Francois Labuschagne gedruk. Die voorspeler van die wedstryd was Marco van Niekerk, terwyl Tiaan Nel die beste agterspeler was. Die eindtelling was 11-5 in Komatipoort se guns.
.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

