Nellie-ysters gereed vir die Cravenweek
Kruger sal die span aanvoer en Muller is as die onderkaptein gekies.

Hoërskool Nelspruit (NHS) het ses spelers wat die Pumas by die o/18 Coca-Cola Cravenweektoernooi gaan verteenwoordig wat vanjaar deur Paul Roos Gimnasium aangebied gaan word.

Stefan de Jager, Marnus van der Merwe, Dewald Maritz en Coenie Kruger sal in die voorry sak terwyl Ideon van der Merwe en Wessel Muller in die agterlyn gaan beweeg. Kruger sal die span aanvoer en Muller is as die onderkaptein gekies.

Die span speel vandag in hul tweede voorbereidingswedstryd teen die Sharks in Vryheid. Gedurende hul eerste opwarmingsstryd, het hulle die Blou Bulle 29-10 getroef.
Vir ‘n laaste kans om seker te maak alles is in plek voor die Cravenweek, pak die Pumas die Cheetahs. Gert van der Westhuizen van Hoërskool Middelburg (MHS) is as die span se breier aangestel.
Om die manne in aksie te sienm kliek hier.
Die gesogte jeugweek skop 13 Julie in Stellenbosch af.
Só lyk die span:
1. Stefan de Jager – Nelspruit
2. Marnus van der Merwe – Nelspruit
3. Dewald Maritz – Nelspruit
4. Coenie Kruger – Nelspruit
5. Marius Verwey – MHS
6. JC Pretorius – HTSM
7. Christiaan Steynberg – HTSM
8. Pieter Bekker – Ermelo
9. Ruden Roodt – MHS
10. Wessel Muller – Nelspruit
11. Mfundo Ndlovu – Standerton
12. Cyprian Nkomo – MHS
13. Siyabonga Khwaliswayo – MHS
14. Fana Ngwenya – MHS
15. Telvin Mhlongo – MHS
16. Hloni Mphuti – Standerton
17. Armand Adlem – HGH
18. Steven Pieterse – MHS
19. Mpumelelo Mattias – MHS
20. Vus Mkhonzo – Ermelo
21. Ideon van der Merwe – Nelspruit
22. Mlondi Mnisi – Piet Retief.
