Die blou masjien stoomroller voort
Die blou masjien is waarlik op pad om die ligatitel te wen, sou hulle hul onoorwonne rekordspel voortsit.

Die Impalas het Saterdag op hul tuisveld weereens hul staal gewys toe hulle Hoedspruit met 47-0 geklop het.
Die blou masjien is waarlik op pad om die ligatitel te wen, sou hulle hul onoorwonne rekordspel voortsit.
Ruan Prinsloo het die eerste punte met ‘n drie aangeteken, wat deur Chris Botha vervyf is. Francois Labuschagne, Tiaan Nel en Jan-Hendrik Odendaal het elk nog vyf punte aangeteken en Botha het nog een met ‘n vervyfskop beklink.
Die halfeindtelling was 24-0 en daar was geen keer aan Komatipoort se manne nie.
Die Impalas het voortgestorm en nog 24 punte bymekaargemaak. Frikkie Odendaal, Wilmer Els en Roan Prinsloo het agter die pale gaan kuier en Chris Botha het nog ‘n drie vervyf. Die bloues se verdediging was uit die boonste rakke en die besoekers kon geen punte aanteken nie. Die voorspeler van die wedstryd was Roan Prinsloo, terwyl Jan-Hendrik Odendaal as die beste agterspeler aangewys is.
Die span se volgende wedstryd vind in Nelspruit teen Riverside plaas.
