Herfsakker Gholfdag samel geld vir bejaardes in
Francois Roos was die onbaatsugtigste van die lot toe hy 'n teiken wat op 'n kar aangebring was, raakgeslaan het. Dit het hom R1 000 ryker gemaak maar hy het besluit om dit eerder aan Herfsakker te skenk en was sodoende die held van die dag.
Herfsakker-ouetehuis se sewende gholfdag het op Vrydag 5 Junie by Nelspruit Gholfklub plaasgevind. Negentig spelers het die geleentheid benut om hulle stokke te swaai en hul harte vir ‘n goeie doel oop te maak.
Francois Roos was die onbaatsugtigste van die lot toe hy ‘n teiken wat op ‘n kar aangebring was, raakgeslaan het. Dit het hom R1 000 ryker gemaak maar hy het besluit om dit eerder aan Herfsakker te skenk en was sodoende die held van die dag.

Marinda Schroeder, Frans Botes en Dirk Joubert, die bestuurder van die ouetehuis, het die dag gereël.
“Dit is ons prioriteit om vir ons bejaardes om te gee en hierdie gholfdag help ook om die uitdagings wat ouer mense beleef, uit te beeld.

“Namens die bestuur, personeel en inwoners bedank ons al die borge en spelers wat vandag omgegee het. Sonder julle sou die gholfdag nie kon plaasvind nie,” het Schroeder gesê.

