Local sportSport

Klubrugby-titel wink vir Nelspruit

Die tuisspan was teen rustyd gemaklik 17-3 voor.

Nelspruit Rugbyklub lê in die tweede plek op die Laeveld Klubrugby-liga, vyf punte agter die voorlopers, Witrivier. Dit nadat Nelspruit die manne van Witrivier Saterdag op eersgenoemde se tuisveld 25-20 geklop het.

Witrivier is voor, op 34 punte, en het reeds al hul wedstryde voltooi terwyl Nelspruit die naweek teen Barberton te staan kom en in die tweede plek is met 29. Mits Nelspruit dié kragmeting wen, kan hulle verby Witrivier skuif en die topplek inneem.

Die tuisspan was teen rustyd gemaklik 17-3 voor. Hulle het die eerste helfte met goeie aanvalbewegings begin en uitstekende druk toegepas. Die besoekers het wel goed teruggekom in die tweede 40 minute, maar Nelspruit was vasbeslote om die wedstryd te wen. Die streeptruie het in die laaste bewegings van die wedstryd goed verdedig om hul teëstanders van hul doellyn af te hou.

Die tweede span van Nelspruit het ook teen Witrivier gespeel, maar 19-15 vasgeval terwyl die Kudu’s (derde span) hul stryd teen Hazyview met 18-7 gewen het.

Rustyd: Nelspruit 17-3 Witrivier
Eindtelling: Nelspruit 25-20 Witrivier.

Hier is van die stryd se aksiefoto’s: Nelspruit verhang die bordjies teen Witrivier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button