Nellies se netbaldogters wen Mpumalanga-liga
Dít nadat die o/16 B-span kragte teen hoërskole Lydenburg, Evander en Generaal Hertzog gemeet en skoonskip gemaak het.

Twee netbalspanne van Hoërskool Nelspruit is tydens die uitspele wat die afgelope naweek in Witbank plaasgevind het, as die wenners van die Mpumalanga-liga vir B-spanne gekroon.
Dít nadat die o/16 B-span kragte teen hoërskole Lydenburg, Evander en Generaal Hertzog gemeet en skoonskip gemaak het.
Die Nellies het in die eindstryd daarin geslaag om Generaal Hertzog met sewe doele te troef en die finale telling 20-13 in hulle guns gelaat.
Hoërskool Lydenburg, Ligbron Akademie en Rob Ferreira was onder die spanne wat nie die o/15 B’s kon stuit nie en daar is 21-16 met laasgenoemde in die eindronde afgereken.
NHS se A-spanne neem eerskomende naweek aan die MSN-kampioenskappe se A1- en A2-ligas in Witbank deel.
