Local sportSport

Spelers baat by oefenkamp

Met die oog op die Witrivier ABC-toernooi wat die naweek plaasvind, het skaakspelers die afgelope naweek die tweede Ehlanzeni-oefenkamp by Laerskool Bergland bygewoon.

Met die oog op die Witrivier ABC-toernooi wat vandag plaasvind, het skaakspelers die afgelope naweek die tweede Ehlanzeni-oefenkamp by Laerskool Bergland bygewoon.

Dié kampe wat deur die loop van die jaar gaan plaasvind, bied ‘n holistiese platform waar skaakonderwysers hul kennis en ervarings met belangstellendes kan deel.

Ehlazeni Skaak

Die eerste kamp is reeds einde Mei gehou.

Altesaam 45 skaakspelers het Saterdag afrigters Eddie Bhila, Cobus van Heerden en Marco Craig se klasse bygewoon. Hulle het onderskeidelik die voor-, middel en beginnersklas afgerig. Al drie fases van die sport, naamlik opening, middel- en eindspel is bespreek. Die leerders het die basiese idees agter die openinge geleer, die taktiek en strategie in die middelspel asook belangrike beginsels ten opsigte van die eindspel.

Ehlanzeni Skaak

Die volgende oefenkamp vind Saterdag 1 Augustus weer by Bergland se klasse plaas. Tydens hierdie oefenkamp gaan daar op die fondasie gebou word wat reeds met die eerste twee gelê is.

Groot klem sal op die strategie en die toepassing daarvan val. Die program vir die dag is so uitgewerk dat die kinders eers uit die afrigting leer en dan dit inoefen deur te speel.

Hier is ‘n paar aksiefoto’s: It’s time for Ehlazeni Chess’ second training camp

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button