Local sportSport

Ryers trap dat die speke sing by MTB-reeks

Sommiges se hulpwieletjies is nog nie eens afgehaal nie en pappas en mammas hardloop maar al te gretig saam om te kyk of die kleinding regkom.

Daardie ouers wat wedren na wedren in die stof saam met hul fietsryertjies hardloop, verdien ‘n applous!

Die vierde been van die SPUR Mpumalanga Skole MTB-reeks het Saterdag op Penryn se gronde plaasgevind.

Kleingoed van so jonk as ses het aan die laerskole-been deelgeneem. Sommiges se hulpwieletjies is nog nie eens afgehaal nie en pappas en mammas hardloop maar al te gretig saam om te kyk of die kleinding regkom.

Curro Nelspruit lê tans bo-aan die punteleer met 271 punte, Penryn Preparatory in tweede plek met 269 en die fietsryspan van Laerskool Lydenburg is derde.

Oudergewoonte het Hoërskool Nelspruit se Mandie Swart die juniorafdeling na vier rondes in ‘n wentyd van 51:57 afgelê.
Lydenburg se Mignon Black het na ‘n hele paar minute na Mandie die tweede plek in ‘n tyd van 57:50 verower.

Die seuns, wat vyf rondes moes aflê, se Andreas Kuhn het die eerste plek in 52:09 ingeneem met Franco Pelser kort op sy hakke in die tweede plek met 52:21.

Hoërskool Lydenburg se fietsryers se naam staan tans in die eerste plek op die bord neergeskryf met 421 punte met Nelspruit in die tweede plek met 242.
Laerskole puntestand na vier rondes (eerste 15 skole):
Curro Nelspruit – 271
Penryn Preparatory – 269
Laerskool Lydenburg – 256
Uplands Preparatory – 252
Laerskool Malelane – 210
Laerskool Bergland – 169
Ermelo Christian School – 136
Summerhill Preparatory – 109
Volksrust – 102
Home School – 91
Laerskool Witrivier – 71
Laerskool Nelspruit – 62
JJ van der Merwe, Ermelo – 46
Laerskool Goedehoop – 29
Southern Cross – 25

Hoërskole
Lydenburg – 421
Hoërskool Nelspruit – 242
Secunda – 241
Uplands College – 226
Rob Ferreira – 157
Penryn College – 82
Curro Nelspruit – 55
Bergvlam – 49
HTS Witbank – 27
HTS Middelburg – 21
Lowveld High School – 19
Curro Bakenveld – 6
Hoërskool Kanonkop – 2.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button