Ruiters sit nie ‘n voetjie verkeerd nie
In die spring-afdeling het Natasha Finney op Capital Charlize die grootste roset in die 0,8- en 0,9-meter kampioen-skappe ontvang.

‘n Hele paar ruiters het by Nottinghill se Juniefees hand opgesteek. Die toegewyde ruiter, Catherine Irving op Rivervale’s Gold Fever het in die beginnersklas van die dressuur-afdeling haarself goed van haar taak gekwyt. Irving het een van die hoogste persentasiepunte op die dag gekry en ‘n uitstaande toets gery – beslis ‘n ruiter wat in die toekoms dopgehou moet word.
‘
n Ruiter wie se naam nie onbekend in die land en ook nie onder die Laeveldruiters is nie, Hennie Groenewald op Le Zar Solero het in drie disiplines gery en ook goeie punte behaal.
Groenewald het ‘n uitstekende vier dae op sy perd gehad.
Nottinghill het 235 inskrywings ontvang wat onderskeidelik aan die perdespringsport, dressuur- en disipline-showing deelgeneem het. ‘n Erkende baanbouer, Jaap du Randt het ook in dié kompetisie die baan beplan. “Ek is baie beïndruk met hoe die ruiters gery het.” Gregory Goss, wat die disipline-afdeling moes beoordeel het, moes op kort kennisgewing sy uitstappie na die Laeveld kanselleer. Die uiters ervare en top-professionele beoordelaar in die land, Bev Williamson van Noordwes, het gedurende die kompetisie haar staf geswaai.
“Die kwaliteit van die Laeveldruiters het beslis ‘n groot indruk by my gelaat. Die hoeveeldheid inskrywings vir ‘n klein provinsiale skou is ook ‘n teken dat die ruiters die sport hier wil bevorder.”
In die spring-afdeling het Natasha Finney op Capital Charlize die grootste roset in die 0,8- en 0,9-meter kampioen-skappe ontvang.
Dit was baie tegnies en Du Randt het die baan baie uitdagend gemaak.
Liz-Marie Crous en haar perd, Only You het in twee kategorieë naamlik die 1- en 1,10-meter tydtoets en die 1,20 meter akkumulator-afdeling met ‘n “joker” deelgeneem. Crous het ‘n tweede plek in die tydtoets gekry en ‘n goud in haar tweede kategorie.
Die Friesklasse is iets nuut wat in die Laeveld uitgetoets word en die plaaslike ruiters het dit goed ondersteun.
