Local sportSport

Barberton se manne byt behoorlik in die stof

Die tweede spanne se telling was 41-3 met 'n strafskop deur die tuisspan se Juandré Smit.

Tydens Saterdag se rugbywedstryde op Coronationpark, en ten spyte van Barberton se moedige pogings, het Nelspruit die veld behoorlik met die tuisspan gevee en stert in die lug na Mbombela teruggekeer.

Die tweede spanne se telling was 41-3 met ‘n strafskop deur die tuisspan se Juandré Smit.

Die besoekers se man van die wedstryd was Arno Fritz. Barberton se eerstes het ook die spit afgebyt toe hulle slegs sewe punte teenoor Nelspruit se 64 kon aanteken. Die Barbertonners se enigste drie is deur Dries Laubscher aangeteken en deur Quintin Kriel verdoel.

Nelspruit se manne van die wedstryd was Divan Cronje (voorspeler) en Damian janse van Rensburg (agterspeler).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button