Local sportSport

Nellie se netbalsterre wen silwer in naelbytstryd

In die eindstryd het die dogters wéér teen JJ van der Merwe te staan gekom.

Die o/12A-span van Laerskool Nelspruit het die afgelope naweek aan die Mpumalanga Kampioenskappe by Laerskool Kragbron in Witbank deelgeneem. Hulle is deur na die kampioenskappe as die Ehlanzeni-wenners in hulle ouderdomsgroep.

Hulle het Vrydag teen Laerskool Bergland gespeel en 18-9 gewen. Saterdag het hulle vier wedstryde gespeel wat hulle almal gewen het.

• Laerskool Nelspruit 18 – Laerskool JJ van der Merwe 14
• Laerskool Nelspruit 15 – Laerskool Trichardt 4
• Laerskool Nelspruit 12 – Laerskool CR Swart 9.

Daarna het hulle in die halfeindstryd teen Laerskool Goedehoop gespeel en het met 17-15 geseëvier. In die eindstryd het die dogters wéér teen JJ van der Merwe te staan gekom. Nadat hulle rustyd agter was, het hulle Nellie-guts gewys en was teen die einde van die wedstryd gelyk. Ekstra tyd moes toe gespeel word wat twee minute aan ‘n kant behels het. In die laaste minute het

JJ van der Merwe ‘n doel gegooi en so die wedstryd met 11-10 gewen.

Hierdie spannetjie gaan nou aan die SASN Nasionale Skoolkampioenskappe deelneem wat 25 Julie op Hoërskool Waterkloof se bane in Pretoria plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button