Jong skaakspelers wys hulle is klein maar getrein
Die meer ervare spelers was natuurlik baie galant teenoor hul oppnonente, wat hulle tog op die ou einde gewen het tydens Laerkool Witrivier se toernooi op Saterdag 20 Junie.

Die jong skaakspelers gee hulle ouer, meer ervare eweknieë soms opdraande. Dit is Saterdag 20 Junie weereens bewys by Laerskool Witrivier se toernooi toe van die jonger buksies die bulle sonder handskoene gepak het. Die meer ervare spelers was natuurlik baie galant teenoor hul oppnonente, wat hulle tog op die ou einde gewen het.
Die skool se toernooi vorm deel van Ehlanzeni Distrik se liga en het 115 spelers van regoor die Laeveld gelok. Die A-kategorie, wat bestaan uit o/16-spelers wat al aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het, sowel as o/18’s en senior spelers, het egter ook jong spelers gehad wat uitmuntende skaak gespeel het.

Een van hulle is die negejarige Deckan Nkosi van Msogwaba was as die beste junior speler in die kategorie aangewys is. Die topspelers van die dag was seniors Cornelius Madonsela, Marco Craig en Dumisa Nkosi.
Die beste dogterspeler in dié afdeling was die 16-jarige Julia Visser van Hoërskool Rob Ferreira.

In die B-kategorie, wat hoofsaakik uit o/12-, o/14- en o/16-spelers bestaan, is Laerskool Laeveld se Joshua van Heerden (8) aan die einde van die dag as die topspeler aangewys.
Bergland se Barend Andeon Pringle (10) was tweede en Sakhile Letswele (12) het derde geëindig. Liam James Pringle (7) van Bergland het ook ‘n paar groot potte skaak gespeel om as die beste junior seun aagewys te word. Malalane se Charné Rossouw (13) was die beste dogterspeler.

In die C-katergorie, wat uit o/8-, o/10- en o/12-spelers bestaan het, was Gift Onwusaka (10) van Curro die flinkste van brein. Rossouw Janson (9) van Malalane en Struan Hine (10) was die ander beste spelers dié dag. Curro se Dante van Heerden (8) was die beste dogter en die sesjarige Prabha Sopanam was die kleinste, maar beste om as die beste o/8-seun aangewys te word.
Die gasheerskool, Laerskool Witrivier, se topspelers was Martiens le Roux (15de in die A-katergorie), Marleen Bezuidenhout (18de in die B-kategorie) en Ruben Le Roux (negende in die C-kategorie).
- Sien nog foto’s van Witrivier se skaak-ope hier.
- Kliek hier vir die volledige uitslae: White River Open Final Results.
