Local sportSport

Swewers trek saam vir skouspel

Dié jaarlikse kompetisie wat deur die Lowveld Slope Soaring-klub aangebied word, lok swewers van regoor die land en selfs die wêreld.

Deur die eeue heen was die mens se droom nog altyd om te kan vlieg – om aan die blou lug vasgebind te wees. Die Barberton-skermsweefkompetisie wat vanaf 28 Junie tot 4 Julie plaasvind, kan dalk net jou droom bewaarheid.

‘n Skermswewer is ‘n vlerktipe doek, en die ontwerp is soortgelyk aan dié van ‘n gewone valskerm. Wat die skermswewer anders maak as ‘n valskerm, is dat dit slegs van die wind, swaartekrag en die spierkrag van die vlieënier gebruik maak om op te styg, te vlieg en te land. ‘n Skermswewer styg te voet op, en daar word dus nie van kranse afgespring of uit vliegtuie gespring nie.

Dié jaarlikse kompetisie wat deur die Lowveld Slope Soaring-klub aangebied word, lok swewers van regoor die land en selfs die wêreld.

Deelnemers styg van Lone Tree Hill op en land by Barberton-buitebaan. Toeskouers het twee keuses op die dag: jy kan op die gholfbaan wag en sien hoe die swewers land of jy kan R100 betaal om bo-op Lone Tree Hill te wag en te sien hoe hulle opstyg.

Die deelnemers styg 11:00 op en moet tussen 16:00 en 17:00 land.

Mits jy graag nog vir die kompetisie wil inskryf, besoek https://airtribune.com/bpo2015/info

Navrae: Willie de Klerk by 071-806-3637.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button