Local sportSport

Sibbe hardloop stof in hul teëstanders se oë

Jacques Nel van Laerskool Witrivier was die vinnigste o/13-seun en het die wedloop in 15:31 minute voltooi.

Die Biggs – Selanna, Asher en Melissa – het al drie eerste plekke in die afgelope landloopliga wat by Hoërskool Barberton plaasgevind het, in hul onderskeie kategorieë ingepalm.

Die jongste, Selanna van LVCC en ook van Curro Nelspruit, het eerste oor die eindstreep vir dogters o/12 getrap. Haar boetie en die bekende driekampatleet van die Laeveld, Asher, het goud vir seuns o/16 verower en hul ma, Melissa was eerste in die vroue 40 tot 44 jaar.

Laerskool Nelspruit het 26 atlete gehad wat in Barberton deelgeneem het. Jacques Nel van Laerskool Witrivier was die vinnigste o/13-seun en het die wedloop in 15:31 minute voltooi.

Hoërskool Bergvlam het ook ‘n hele paar atlete op die uitmergelende roete gehad met Caleb Buys en Charlington Gama wat ‘n tweede en ‘n derde plek vir seuns o/14 ingeneem het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button