Eindstryd het dalk ‘n Kaapse geur
Dit behoort 'n WP en Boland eindstryd te wees, maar die SWD steek ook hand op.
Die 2014-wenners van die o/13-Coca-Cola Cravenweek, die DHL Westelike Provinsie het weer hul stempel in vanjaar se reeks afgedruk wat deur die Mpumalanga Rugby-unie aangebied word.
Die Boland en SWD het hul wedstryde Dinsdag gewen om die uitkloprondes te haal wat gister by Hoërskool Rob Ferreira plaasvind het. Die eindstryd word vandag gespeel.
Die manne van die Kaap het Grens 33-0 gewen, terwyl Boland KwaZulu-Natal (KZN) met 34-7 ore aangesit het.
Nóg ‘n span wat twee agtereenvolgende oorwinnings behaal het, is SWD wat die Bidvest Goue Leeus 37-17 verslaan het. Die Pumas het in die hoofwedstryd Maandag met 21-7 teen KZN vasgeval. Die plaaslike span kon eers in die 45ste minuut van die kragmeting hul eerste drie gedruk het.
In hul tweede wedstryd het hulle teen Grens CD te staan gekom. Die span het gemaklik teen rustyd met 14-0 voorgeloop, maar swak verdediging het die mannetjies duur te staan gekom en hulle het die wedstryd 19-14 verloor.
Christiaan van der Merwe en JW Maré Vermaak het agter die pale saam met Alec Vermaak gaan kuier wat met twee doelskoppe geslaag het. Border se Siphe Nonkwenke het twee vinnige drieë na mekaar ingeryg.
Die Pumas het Donderdag die Vrystaat 31-14 verslaan met Nico Liversage, Hardus Rothman en Jacques Marais wat van die wedstryd se groot uitblinkers was.
Vrystaat het kort voor die einde van die wedstryd ‘n vinnige drie gedruk wat die gaping effens verklein het.
Dit was ‘n rillerstryd Donderdag teen Namibië en Zimbabwe. Zim het teen die 48ste minuut nog 13-7 voorgeloop, maar ‘n drie deur Namibië in die doodsnikke en ‘n skop deur die pale het Zim se doppie finaal geklink.
Dit behoort ‘n WP en Boland eindstryd te wees, maar die SWD steek ook hand op.
