Skuts spook sake uit in skyfskietliga
Lee Buys van Hoërskool Rob Ferreira het haarself goed van haar taak gekwyt en 'n derde plek vir o/14's behaal.

Die sesde en laaste liga van die jaarlikse skole-skyfskietkompetisie het van Donderdag tot Saterdag by onderskeidelik Hoërskool Bergvlam en Curro Nelspruit plaasgevind.
Oor die 200 skuts van skole oor die Laeveld en die res van Mpumalange (Rob Ferreira, hoërskole Bergvlam, Nelspruit,
Ermelo, Middelburg, Ligbron, Hoër Tegnies, Hoogland en Groblersdal) het hier deelgeneem.
Die skuts het ‘n vasgestelde tyd gehad om 20 skote in die lê, kniel en in die staanposisies te skiet.
Die laaste skietgeleentheid is die Olimpiese skiet waar die leerders 40 skote in die staanposisie afvuur.
Die tellings van die afgelope ses kompetisies sal dan bepaal watter skuts na die Mpumalanga-eindstryd deurdring en dan uiteindelik na die nasionale kompetisie in Bloemfontein later in die jaar.
Skyfskiet is ‘n sport wat veral die leerder se konsentrasievermoë ontwikkel en groot kostes word aangegaan om die korrekte gewere en rondes aan te koop.
Afgesien van die ouderdoms-afdelings, kan die leerders ook kies om met ‘n luggeweer of met ‘n veergeweer te skiet.
Uitslae – Robbies
O/14 (32 skuts)
• Lee Buys – derde
• Zanté Bensch – sesde
• Theo Loock – agste
• Francois Theron – 10de
• Victor Arnoldi – 13de
O/16 (54 skuts)
• Casper Odendaal – 13de
• Anké Willers – 29ste
• Ruben Holtzhauzen – 30ste
• Hannah Douglas – 33ste
• Nicolan Appasamy – 35ste
• Henk Roux – 41ste
O/19 (39 skuts)
• Stephen Holtzhauzen – sesde
• Franzel Theron – negende
• Michael Deyzel – 13de
• Mari-Lois Nel – 15de
• Leigh Douglas – 21ste.
