Rolbaltoernooi trek ‘n nuwe baadjie aan
Die jaarlikse rolbaltoernooi wat in Augustus by LVCC gehou word sal voortaan as die Laevelder Rolbaltoernooi bekendstaan.
Sedert 1959 word die jaarlikse kompetisie deur LVCC aangebied en sal vanjaar op 8 en 9 Augustus wéér op die grasveld gehou word.
Diegene wat die verdedigende kampioene, Malcolm Tyreman en sy span van LVCC wil kom pak, moet nie vanjaar se kompetisie misloop nie. “In die vroeë jare was dit baie goed ondersteun deur klubs so ver as Gauteng en Pietersburg. Vir die afgelope paar jaar is dit meer-en-deels spanne van die Laeveld wat deelneem. Daar is baie klubs in die omgewing soos Witrivier, Barberton, Malelane, Sabie, Lydenburg, Waterval Boven en Hazyview, om paar te noem,” sê Gerrie Swanepoel van LVCC.
Tussen 24 en 26 spanne neem oor die twee dae deel. Jy hoef nie aan ‘n klub te behoort om saam te speel nie. Die koste beloop R800 per span.
Mits jy graag wil inskryf, besoek www.lowvelder.co.za vir die inskrywingsvorm.
Navrae: Gerrie Swanepoel by 082-900-0790 of gerrieswan@vodamail.co.za of skakel vir Toekie Botha by 082-973-2593 of bouscha@vodamail.co.za
Trofeë-wenners
2013 – Witrivier
2012 – Nelspruit
2011 – Malelane
2010 – Barberton
2009 – LVCC
2008 – LVCC.
