Pumas trek Haaitande een vir een
Faf de Klerk verdien sy plek in die Bokplek na die Pumas se wedstryd teen die Sharks.

As Heyeneke Meyer vanaand in Pumaland was, sou hy geen twyfel daaraan gehad het om Faf de Klerk in sy Springbokspan in te sluit nie.
Die skrumskakel was een van die Steval Pumas se groot uitblinkers in hul oorwinning van 33-24 teenoor die Cell C Sharks op Mbombela Stadion. Diegene wat gewik en geweeg het of hy sedert 2013 so vinnig by sy spanmaats sou inskakel, is beslis vanaand oortuig dat hy sy plek in die span verdien.
Alle eer aan die flank Marnus Schoeman wat twee van die Pumas se drie drieë gedruk het. Die kaptein, Stefan Watermeyer het die Pumas se eerste drie gedruk.
Die besoekers kon eers in die 24ste minuut van die wedstryd hul rekening open. Die rustyd telling was 27-7 in die Pumas se guns.
In die 44ste minuut het die Sharks se Heimar Williams ‘n verdere vyf punte gedruk en daarna het Jean-Luc du Preez ook onder die pale gaan kuier.
Roos het die laaste sout in die Sharks se wonde gevryf met ‘n strafskop deur die pale.
Lees die volledige wedstrydverslag in Dinsdag se uitgawe van Laevelder.
