Nellies se jong kolwers lei span tot oorwinning
Laerskole Bergland en Nelspruit se krieketspanne was verlede week in aksie.

Die Nellies het in drie van die vier wedstryde geseëvier. Die o/10’s het met nege paaltjies gewen en die o/11’s met agt.
By die o/11’s wat by Bergland gespeel het, het Bergland die loot gewen en besluit om te kolf. Hulle het al die beurte deur gekolf en slegs drie paaltjies verloor. Hulle eindtelling was 110/3.
Die Nellies het slegs 15 boulbeurte nodig gehad om die telling te jaag, en het in die proses twee paaltjies verloor en dus met agt paaltjies gewen. Paul Harley het uitstekend gekolf en was onoorwonne met sy telling op 48 lopies van 40 balle.
Die o/12’s van Nelspruit het eerste gekolf en 101/9 in 30 beurte aangeteken. Quinn van Zyl (42) en Blaine van Heerden (19)
was van hul skool se beste kolwers op die dag. Ruben Grundlingh het in ses beurte drie paaltjies vir 11 lopies gevat terwyl RC Jacobs in net vier beurte, twee paaltjies vir 22 lopies laat spat het. Nellies verloor in die 22ste boulbeurt met twee paaltjies.
Die bloues se o/13-span was verwoestend. Die Bergies het eerste gekolf en kon slegs 122 vir sewe aanteken. Die beste bouler was Stephanu van Zyl. Hy het in ses beurte, drie paaltjies vir 20 lopies gevat.
Die Nellie-manne het gaan kolf en het die telling in die 17de beurt verbygesteek met slegs vier paaltjies plat. Beste kolwer was Ruben Herbst met 63 nie uit nie.
Uitslae
• O/10: Nelspruit wen met nege paaltjies
• O/11: Nelspruit wen met nege paaltjies
• O/12: Bergland wen met drie paaltjies
• O/13: Nelspruit wen met ses paaltjies.
Foto’s: Bergies meet kragte teen Nellies op die krieketveld
