Local sportSport

Plasing van putjies ‘n toets van vernuf

Ongeveer 63 spelers, wat minder is as wat verwag is, het die uitdagende Matumi aangedurf.

Nelspruit Gholfklub was onlangs die tuiste vir ‘n titaniese stryd. Ongeveer 63 spelers, wat minder is as wat verwag is, het die uitdagende Matumi aangedurf.

Volgens die spelers het die baanopsigter behoorlik hul vernuf getoets met sy plasing van die putjies.

Zander Gouws van Piet Retief, wat in die VSA studeer, het tydens sy lentevakansie op dié dag ‘n wen ingepalm. Kort op sy hakke was Eddie Wilken van Malalane en Teddy Mathebula in derde plek. Beide Wilken en Mathebula is vir die Mpumalanga-mid-amateurspan gekies.

Beste bruto-tellings (sonder enige aanpassings soos strafhoue)

Zander Gouws – 141

Eddie Wilken – 143

Teddy Mathebula – 145

Beste netto-tellings (met aanpassings)

Eric Sithole – 143

Brando Geere – 144

Beste bruto-telling

Oggend – Rikus Nel

Middag – Nico Uys

Beste netto-telling

Oggend – Dumisa Gama

Middag – Lawrence Mthoboti

Naaste aan die pen: Michael Nkosi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button