Local sportSport

Gimnaste mik vir die grote

Beter bekend as die Mountain Spring Spur Mpumalanga Trials, dien dit vir gimnaste van vlak 1 tot 3 as ‘n uitklopronde om na die Mpumalanga Kampioenskappe deur te dring wat op 14 en 15 Augustus vanjaar in Ermelo sal plaasvind.

Hoërskool Bergvlam was die naweek gasheer vir nog ‘n uiters suksesvolle gimnastiekbyeenkoms by die welbekende Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA).

Beter bekend as die Mountain Spring Spur Mpumalanga Trials, dien dit vir gimnaste van vlak 1 tot 3 as ‘n uitklopronde om na die Mpumalanga Kampioenskappe deur te dring wat op 14 en 15 Augustus vanjaar in Ermelo sal plaasvind.

Die gimnaste van vlak 4 tot 7 het ook deelgeneem, maar vir hulle was dit bloot ‘n voorbereidingskompetisie. Gimnaste van NGA, Middelburg Gimnastiek Klub, Ermelo Gymnastics, Hazyview Gymnastics Club, Sasol, en Celeste Gymnastics het meegeding. Die NGA spog nou met die meeste deelnemende gimnaste wat vir dié proewe ingeskryf het. Die klub het ook die meerderheid medaljes ingepalm teen opsigte van algehele prestasie en apparaat medaljes. Die meerderheid van die gimnaste het gekwalifiseer om aan die Mpumalanga Kampioenskappe later vandeesmaand deel te neem. Besoek Laevelder se webtuiste vir die uitslae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button