Local sportSport

Laeveld se stoeiers leer by Amerika se bestes

Die manne van Nelspruit Stoeiklub (NSK) het Dinsdag teen 'n Amerikaanse span op die matte sake uitgespook.

Oregan Stoeivereniging het ‘n span van 16 atlete na Suid-Afrika gebring wat Sondag in die sonnige Laeveld geland het.

Mike Simmons, die hoofafrigter van die besoekers, het ‘n goed gebalanseerde span laat toer. Die spanne het Dinsdag aan ‘n vriendskaplike kompetisie deelgeneem waarvan die Ameri-kaners 21 teenoor Nelspruit se sewe gewen het.

Wrestling
Justin-Ray Meyer.

“Een van die stoeiers is ‘n vier state Amerikaanse kampioen. Die kondisionering van die span is beslis beter as ons manne en die vlak van ondervinding en blootstelling word op die mat ten toon gestel. Ons atlete het egter baie geleer,” het die afrigter van NSK, Hansie Kruger gesê.

‘n Heerlike beesstertpot is vir die besoekers voorberei en vroeër in die week het hulle ‘n renosterplaas besoek. “Dinsdag het hulle by Graskop se “Big Swing” gaan spring en na Dinsdag se toernooi het ons lekker saam gebraai. Hulle het Woensdag na Marlothpark vertrek waarna hulle tyd in die Nasionale Krugerwildtuin gespandeer het.”

Wrestling
Neels Smit.

Kruger, ook afrigter van die Suid-Afrikaanse span wat eersdaags na Bosnië vir die wêreldkampioen-skappe vertrek, het die naweek ‘n amptelike toets in Pretoria waar sy twee spanne mekaar gaan pak.

“Dit is wonderlike mense en NSK en hul ouers verdien die grootste lof vir hul gasvryheid en almal het as ‘n span ‘n groot sukses van die besoek gemaak.”

NSK is ook uitgenooi na Amerika vir ‘n besoek waar die span sal regstaan om die Laevelders te huisves.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button