Local sportSport

Nellies spook hard om opponente lam te lê

Oor die 200 netbalspelers van o/12- en o/13-ouderdomsgroepe het verlede Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

Op ‘n baie koue reënerige dag het Laerskool Nelspruit in ‘n baie harde fisiese wedstryd teen Laerskool Menlopark met 18-7 verloor. Daarna het die Nellies teen Laerskool Riebeeckstad van die Vrystaat gespeel. Na ‘n paar minute van spel het die reën uitgesak en moes die wedstryd gestaak word. Dit kon later klaar gespeel word en die Nellies het met 12-6 gewen.

In die laaste poel het hulle net-net teen Laerskool Gene Louw met drie punte verloor. Dit het hulle derde in die poel geplaas.

In die eerste uitspeelrondte, het Nellies teen Laerskool Tzaneen met een punt verloor. Daarna het hulle teen Laerskool Brackenfell van die Weskaap gespeel en hulle 8-7 in ‘n harde wedstryd gewen. In die laaste ronde en sewende wedstryd vir die dag het die Laevelders wéér teen Laerskool JJ van der Merwe van Ermelo gespeel en net-net gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button