Local sportSport

Tennis is in dié susters se bloed

Danksy harde werk kan dié drie sussies as van die Laeveld se voorste tennisspelers voorgestel word.

Die Boshoffs, Arili (9), Michelle (12) en Clarissa (14) het met dié sport grootgeword. “Ouma en oupa was professionele spelers en ek beoefen die sport sedert ek vier jaar oud is en speel steeds daagliks tennis,” vertel hul ma, Jeanetha. Sy sê verder dat dit baie voordele inhou. “Dit leer die dogters baie lewenslesse – dit leer jou om te kan wen en om te verloor.”

Arili, die nommer een gekeurde in die interdistriktespan, speel sedert gr. 3 vir Laerskool Nelspruit se eerste span en wil graag ‘n loopbaan uit dit en atletiek maak. Tydens vanjaar se interlaeratletiek-byeenkoms het sy ‘n goud in die 100m verower. Sy is ook as die geslote tennistoernooi wat jaarliks in die Laeveld plaasvind, se algehele wenner gekroon.

Arili Boshoff.
Arili Boshoff.

“Ek is gek oor die sport. My rughand is seker van my beste aspekte in tennis.”

Die tweede gekeurde in die o/13-kate-gorie, Michelle, se gunstelingspelers is Stan Wawrinka en Maria Sharapova. Sy het vanjaar vir die eerste keer die Mpumalanga-span gehaal. “Ek het as 10-jarige geleer om vir myself op te staan en ek kan al my frustrasies uitslaan. Tennis bou karakter.”

Tennis
Michelle Boshoff.

Die o/15’s se Clarissa is ook die Laeveld se topspeler. Sy sê dat die sport haar baie as persoon geleer het. “Hoërskool Nelspruit doen baie moeite met die sport en stap altyd die ekstra myl. Ek hou baie van skooltoernooie, veral die jaarlikse een by Sun City waar ons onsself aan die land se beste spelers kan meet. Ek is trots om my skool te kan verteenwoordig. Ek sal graag tennis op universiteit wil speel, maar sal nie ‘n loopbaan daarvan wil maak nie.”

Tennis
Clarissa Boshoff.

Onder die afrigting van Leonie Myburg, ook van NHS, spog Clarissa en Michelle met SA kleure wat hulle vroeër vanjaar tydens ‘n tennisuitnodigingstoernooi verwerf het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button