Local sportSport

Rhinos uitgeboender in kwarteind van reeks

'n Splinternuwe makro- en grootskole-afdelings kampioen sal vanjaar die Beeld-trofee verower nadat die kampioene van 2014 die afgelope naweek uitgeskakel is.

Die Nellie Rhinos, die verdedigende wenners van die makro-skole en Hoërskool Klerkdorp (grootskole) is in die kwarteindronde Saterdag in Pretoria uitgeboender.

Die einste span wat NHS verlede jaar in die eindstryd van die reeks ontmoet het, die Garsie Bere het hulle met 48-36 die ore aangesit. In die ander wedstryde het Eldoraigne, Menlopark en Waterkloof ook verloor. Monument het hard geveg om Eldoraigne net-net met 26-24 te klop. In die ander halfeindronde kom die span van Boksburg, EG Jansen, teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg te staan.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button