Local sportSport

Skuts het almal oog op die kolskoot

Die Mpumalanga Laeveld SA Sport- en Jagfederasie vat vanjaar 40 skuts na die nasionale kampioenskappe.

Die baansportkampioenskappe vind komende naweek in Rustenburg by die Waterval Skietbaan plaas.

Die federasie het die afgelope naweek hul Laeveld kleure-oorhandiging by Dubula Mangi Safari Lodge gehad.

Die jongste lid van die span is Sebastian Lampbrecht (7) van Laerskool Barberton.

Hy beoefen die sport sedert hy vyf jaar oud is. Die mees ervare skuts soos Pieter Klue, Danny Taljaardt, Tommy Waters, Hennie Golding en John Cussons, wil definitief dié naweek op hul goeie prestasie van 2014 bou en wil vanjaar met ‘n hele paar eerste plekke wegstap.

Die oudste lid, die veteraan, Felix Pohl neem vanjaar vir die vierde keer aan die kampioenskappe deel. Hy neem in vier kategorieë deel. Oor die 60 verskillende gewere word hier gebruik.

Die 13-jarige Shannon Pretorius het vir die eerste keer in 2014 deelgeneem en die .22-kategorie gewen. Sy neem vanjaar in die klein- en grootgeweerafdelings deel. Divan Visagie was in 2014 tydens die toernooi tweede.

Om en by die 12 provinsies spook sake jaarliks hier uit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button