Vlammieseuns en -dogters wys hul staal op die rugbyveld
Bergvlam se leerders het tydens die vakansie in rugby en tennis presteer.

Hoërskool Bergvlam se leerders het weereens gewoeker in hul onderskeie velde van belangstelling tydens die onlangse skoolvakansie.
Jannete Booysen, Kayla Severn-Ellis en Ndomiso Thwala sal voortaan nie net die skool nie, maar ook die distrik in tennis verteenwoordig. Hierdie drie tennisspelers is verkies tot die Ehlanzeni Distrikspan.
Jamila Glenn het die Puma dogtersrugbyspan tydens ‘n o/16 interprovinsiale toernooi in Oudtshoorn verteenwoordig. In rugby het Ricardo Bester, Jayden Louw, Tristan Louw, JJ Peters, Juan Pretorius en Zane Weideman aan onderskeidelik die o/18 en o/16 Coca-Cola Akademieweke deelgeneem.
Dit is tydens die skoolvakansie by die Isak Steyl Stadion in Vanderbijlpark aangebied. Die skool se eie mnr. Gerhard van der Walt was die spanbestuurder van die o/18-Pumaspan tydens dié week.
- Lees hier meer oor Hoërskool Bergvlam.


