Local sportSport

Nellies se junior netbalspan blink uit in gesogte toernooi

NHS se netbalspanne het op 24 en 25 Julie hul staal in Potchefstroom gaan wys waar hulle aan die Coke Toernooi deelgeneem het.

Dit is die 19de jaar wat hierdie vriendskaplike toernooi, vir topskole wat na die SA-kampioenskappe deurgedring het, aangebied word.

Die dogters het teen sterk opposisie te staan gekom en gemengde uitslae is behaal.

Netbal
Megan Silver.

Die o/14A-span het in die eerste ronde van die toernooi teen Hoërskool Waterkloof te staan gekom en ‘n oorwinning van 9-4 behaal.  Die span het uitstekende netbal gespeel en tot die finaal van die toernooi deurgedring, nadat hulle hoërskole Ben Vorster, Potchefstroom Ginmasium en Westvalia gewen het. Hulle is egter met ‘n telling van 18-21 deur Hoërskool Rustenburg in die eindstryd gestuit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button