Local sportSport

NHS spog met wêreldkampioen in goudpan

Drie leerders van NHS verteenwoordig ons land in Spanje.

Drie leerders van Hoërskool Nelspruit het Suid-Afrika in die Wêreld Goudpankampioenskappe vanaf 3 tot 9 Augustus verteenwoordig en dié skool spog vir die tweede opeenvolgende jaar met ‘n wêreldkampioen.

Anja Cronjé in gr. 9 is as die wenner van die junior afdeling van die kompetisie, wat in die dorpie Nevelgas in Spanje plaasgevind het, gekroon.

Die sussies Jané en Sonet Vermaak het vanjaar kragte saamgespan en in die tweemanspan-kompetisie deelgeneem.  Hoewel hulle teen volwassenes deelgeneem het, het hulle steeds uitsonderlik presteer en ‘n enorme bronsmedalje verower.  Jané was die junior wêreldkampioen in 2014.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button