Local sportSport

Só lyk die voorloper van die Das Auto-reeks

Na vier rondes van die jaarlikse Das Auto Bergfietsren wat by Penryn College gehou word, is Franco Pelser (18) boaan die 50km-punteleer met 12 punte.

Dít nadat hy in die derde ronde sewe punte agter sy naam aangeteken het en met die laaste wedren, vyf. Hy het verlede Saterdag in die tweede plek in 01:49:35 geëindig.

Die jong fietsryer van Malalane, Jooste Coetzee wat in die sprog-afdeling se 15km-item deelneem, beklee die topposisie met 28 punte. Hy het nog nie een wedren misgeloop nie en met elke rit sewe punte verower. Hy het in die laaste ronde die roete in 41:43 voltooi. Sy spanmaat, Waldo Potgieter was in die tweede plek met 43:15 en is net agt punte agter dié voorloper.

Die subveteraan, Ananda Bosch is met meer as 10 punte in die eerste plek nadat sy ook al die rondes gery het. Haar naaste teëstander, Heila Meintjies het 12 punte na net twee Saterdae se wedrenne.

Die laaste geleentheid wat fietsryers het om as die Das Auto-kampioen gekroon te word, vind op 5 September plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button