Local sportSport

Lydenburg se seniors weer tops by sportdag

Die jaarlikse Poppie Marx seniors sportdag is verlede naweek in Mbombela aangebied.

Boeresport was aan die orde van die dag tydens die jaarlikse Poppie Marx Senior Sportdag. Dit is Saterdag by Laerskool Laeveld aangebied.

SPAR en Guardian Angels reël en borg die jaarlikse instelling, wat senior inwoners die geleentheid bied om in spanverband teen mekaar sport te beoefen. Dit is groot pret en gee hulle ook die geleentheid om gesellig saam te kuier, maar is tegelykertyd kompeterend.

Spanne van Nelspruit, Witrivier, Malalane, Lydenburg, Nelsville en Daantjie het resies en aflos gehardloop, tougetrek, en teiken en hoepel gegooi.

Lydenburg het weereens koning gekraai en die wisseltrofee oudergewoonte huis toe geneem. Deelnemers moet ten minste 55 jaar oud wees om by ‘n span ingesluit te wees, maar om in die singspan te wees, is almal van enige ouderdom welkom. Die geesbeker is vanjaar deur Malalane gewen.

Die trompoppies van St Peter’s School het ook vir vermaak tydens middagete gesorg.

Jackie Maritz van Guardian Angels sê die dag was ‘n groot sukses. Sy het almal vir hul deelname bedank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button