Local sportSport

Gimnaste se grasie verstom

Die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se Zoë Scheepers, Larise Combrink en Ashleigh Kellar het die beoordelaars by die Mpumalanga Kampioenskappe die afgelope naweek in Ermelo met hul grasie op die vloer, hul balans op die balk, wawiele en flik-flakke verstom.

Nie net het dié klub met die victrix én victor ludorum weggestap nie, maar ook die meeste medaljes ingepalm sowel as die meeste gimnaste wat hul junior Mpumalanga-kleure verwerf het.

Die gimnaste vanaf vlak 1 tot 3 moes ‘n sekere gemiddeld behaal om na die Noord Zone-kampioenskappe deur te dring wat einde Augustus in Kemptonpark gehou word.

Atlete van NGA, Ermelo, Hazyview, Middelburg, Groblersdal én Secunda het deelgeneem. In Kemptonpark gaan vyf provinsies in die dissipline van artistiese gimnastiek meeding.

Uitslae
Dogters
Vlak 2: Sewe jaar
Danielle Grobler – eerste
Jenmarné Le Roux – tweede
Kiara Craven – derde

Vlak 2: Agt jaar
Ronel Basson – eerste
Rochelle Nel – tweede
Andene Burger – derde

Vlak 2: Nege jaar
Simoné van Niekerk – eerste
Diani Erasmus – tweede.

Vlak 2: Elf jaar en jonger
Lungi Nkosi en Melissa Ley (gedeelde eerste plek)
Ida Malan – derde

Vlak 2: Dertien jaar en jonger
Jade Timm – eerste

Vlak 3: Agt jaar
Zoe Scheepers – eerste (victrix ludorum)
Amoré Gerber – tweede
Jualique Rautenbach – derde

Vlak 3: Tien jaar en jonger
Kaylyn Anne Mare – eerste
Jannika Verster – tweede
Inge Braun – derde

Vlak 3: Twaalf jaar en jonger
Ina-Marie van Niekerk – eerste
Yasmin Louw – tweede

Vlak 3: Dertien jaar en ouer
Yvona Louw – eerste
Suné Graham – tweede.

Seuns
Vlak 1: Ses tot sewe jaar
Darius du Plessis – eerste
Vlak 2: Sewe tot agt jaar
Xander Coetzee – derde

Vlak 2: Nege tot 10 jaar
Zandré Liebenberg – eerste (victor ludorum)

Vlak 3: Nege tot 10 jaar
Leon van Zyl – eerste
Jaydon Els – derde.

Die gimnaste vanaf vlak 4 tot 7 was ook in aksie. Hier kon hulle vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe kwalifiseer wat in Oktober by die Matsportsentrum in Eldoraigne plaasvind.

Dogters
Vlak 4: Tien jaar en jonger
Kayla Cornish – eerste
Martenique Milner – tweede
Febe Gartner – derde

Vlak 4: Elf jaar
Mia Viljoen – eerste

Vlak 4: Veertien jaar en jonger
Zuziwe Mayenjane – eerste

Vlak 5: Tien jaar
Larise Combrink – eerste (victrix ludorum)
Shene Coetzee – tweede
Larusha Scheepers – derde

Vlak 5: Elf jaar
Crystal Kellar – eerste
Vlak 5: Dertien jaar en jonger
Juwayria Asvat – eerste

Vlak 6: Twaalf jaar en jonger
Arilyn Dawson – eerste

Vlak 6: Agtien jaar en jonger
Ashleigh Kellar – eerste (victrix ludorum)
Anja Zonneveld – derde.

Seuns
Vlak 4: Nege tot 10 jaar
Jano Putter – eerste

Vlak 4: Elf tot 12 jaar
Marnevic Muller – eerste

Vlak 6: Veertien tot 17
Trevor de Wet – tweede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button