Local sportSport

Pumas gaan hul beste gee teen die Leeus

Die Steval Pumas se Corné Fourie en Rudi Mathee is honger vir vanaand se Absa Curriebekerstryd teen die Xerox Goue Leeus op Mbombela Stadion.

Dié voorspelers het twee weke gelede nie teen die Johannesburgers begin nie en sal ‘n beduidende rol in die skrums speel. Die Leeus het ‘n hele paar nuwe spelers ingebring wat nie laas teen die Pienk-truie uitgedraf het nie.

“Corné gaan beslis die nodige stabiliteit in die skrums gee. Ons het Rudi se kraglopies en dominansie in kontaksituasies gemis en dit sal ‘n belangrike aspek van die wedstryd wees,” sê die Pumasbreier, MJ Mentz.

Die Leeus sal sonder twee van hul staatmakers, Ruaan Lerm en Jaco Kriel moet klaarkom.

Fabian Booysen vervang die beseerde Lerm en Kwagga Smith skuif na die no. 6- posisie. “Hulle het ‘n pak voorspelers wat skrik vir niks nie. Hulle domineer in dié aspek en het heelwat strafskoppe so gekry, maar ons het ‘n plan vir hulle.”

Dié span het laas in 2011 ‘n Curriebekerspan na die Laeveld gestuur. “Die Leeus wys keer op keer hulle kan weg van die huis af wen. Ons gaan fokus op dit wat ons wil doen en van ons beste rugby tuis speel. Die span gaan alles in die stryd werp om ‘n goeie Leeusspan te wen.”

Die besoekers lê tans saam met die Vodacom Blou Bulle boaan die punteleer nadat hulle bonuspunt-drieë in hul vorige wedstryde aangeteken het. “Elke tuiswedstryd is belangrik. Dit is nie ‘n opsie om ons vierde plek aan ‘n ander span af te staan nie.”

Die Leeus beskik oor die nodige vaardighede om vanuit hulle eie kwartgebied met die bal te hardloop en die Pumas sal op hul hoede op die verdediging moet wees.

Steval Pumas
15. JW Bell
14. Bernado Botha
13. Jerome Pretorius
12. Stefan Watermeyer
11. Rosko Specman
10. JC Roos
9. Faf de Klerk
8. Jason-Colin Fraser
7. Uzair Cassiem
6. Marnus Schoeman
5. Giant Mtyanda
4. Rudi Mathee
3. Corné Fourie
2. Frank Herne
1. Khwezi Mona

Plaasvervangers
16. Francois du Toit
17. De-Jay Terblanche
18. Jannie Stander
19. Jaco Bouwer
20. Reynier van Rooyen
21. Justin van Staden
22. Hoffman Maritz.

Xerox Goue Leeus
15. Ruan Combrinck
14. Sampie Mastriet
13. Stokkies Hanekom
12. Howard Mnisi
11. Courtnall Skosan
10. Marnitz Boshoff
9. Ross Cronje
8. Fabian Booysen
7. Stephan de Wit
6. Kwagga Smith
5. Franco Mostert
4. Martin Muller
3. Ruan Dreyer
2. Robbie Coetzee
1. Jacques van Rooyen

Plaasvervangers
16. Malcolm Marx
17. Julian Redelinghuys
18. MB Lusaseni
19. Jano Venter
20. Jaco van der Walt
21. Alwyn Hollenbach
22. Anthony Volmink.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button