Local sportSport

Nellies sit opponente ore aan

Hoërskool Nelspruit se krieketspanne het die afgelope week hul staal gewys en in sewe uit die agt wedstryde wat gespeel is, koning gekraai.

Die o/15B-span het teen Hoërskool Rob Ferreira kragte gemeet en dié span met 141 lopies op hul tuisveld geklop. Die o/15C’s het teen Sybrand van Niekerk se o/15B-span te staan gekom en met 144 lopies gewen.

Op 20 Augustus het NHS se o/14B’s die o/14A’s van Rob Ferreira die stryd aangesê en met vier paaltjies gewen. Hulle het ook Saterdag met 10 paaltjies met Hoërskool Lydenburg afgereken.

Tristan Parnell van die o/15A-span het Saterdag met sy kolfwerk uitgeblink en 143 lopies in die wedstryd teen Hoërskool Secunda aangeteken.

Dit het tot die Nellies se oorwinning van 236 lopies bygedra.

Hoërskool Secunda moes ook tweede viool teen NHS se eerste span speel, wat met 214 lopies as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Die tweede span het in ‘n T20-wedstryd met 11 lopies teen Hoërskool Barberton se eerste span afgereken, terwyl die o/14A’s met 23 lopies teen Hoërskool Lydenburg verloor het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button