Local sportSport

Laevelders dra fietsrykroon

Lank lewe die fietsryers van Hoërskool Lydenburg en Penryn Preparatory!

Dié spanne is gedurende die sewende en laaste ronde van die Spur Skolereeks, wat Saterdag by Mankele plaasgevind het, as algehele wenners gekroon. Wat die prestasie net nog meer spesiaal maak, is dat daar nie een span kort op hulle speke was nie.

Laerskool Lydenburg was in die tweede plek – 155 punte agter die voorlopers met 446 – en nóg ‘n Laeveld-span, Curro Nelspruit derde met 444.

Uplands College het ‘n silwermedalje in die hoërskole-afdeling verower met 432 en Hoërskool Nelspruit was derde met 393.

Die professionele bergfietsryer, Yolandi du Toit wat tans vir Garmin ry, het die pryse aan die onderskeie fietsryers oorhandig.

Uplands se Ryan Terry het ses rondes gery. Hier het hy met vier eerste, een tweede en een derde plek klaargemaak om sodoende as die algehele wenner in die junior afdeling gekroon te word. Secunda se Marnique de Swart het haar 12 teëstanders uitgestof en het na afloop van die wedren die eerste plek op die podium ingeneem. Sy het ses wedrenne voltooi en was elke keer eerste. Uplands se Kirsty Shuttleworth was in die tweede plek. Sy het vyf Saterdae agter die rug met vier tweede plekke en een eerste plek.

Curro Nelspruit het twee fietsryers gehad wat gewen het. Luan Strydom het in die nippers-afdeling koning gekraai en Milan Strydom was baas in die sub-nippers-kategorie.

Top-vyf-posisies
Laerskole
1. Penryn Prep – 601
2. Lydenburg – 446
3. Curro Nelspruit – 444
4. Uplands Prep – 330
5. Bergland – 241
Hoërskole
1. Lydenburg – 835
2. Uplands – 432
3. Nelspruit – 393
4. Secunda – 347
5. Rob Ferreira – 250.

Top-fietsryers (individueel)
Junior (dogters en seuns)
Mandie Swart – NHS
Franco Pelser – Robbies
Nippers
Megan Wiehman – Bergland
Luan Snyman – Curro Nelspruit
Sprogs
Ainsli de Beer – Penryn
Jooste Coetzee – Malelane
Sub-nippers
Danel de Jager – Volksrust
Milan Snyman – Curro Nelspruit
Sub-junior
Zandri Strydom – Cambridge Akadmie, Witbank
Jean van der Merwe – Lydenburg
Jeug
Marnique de Swart – Secunda
Ryan Terry – Uplands.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button