Local sportSport

Wolves se skeidsregters maak gereed vir groot toernooi

Wolves Martial Arts Academy bied Saterdag die Clash at the Wolves Den aan.

Die Laeveld Krygkuns Kampioenskappe is om die draai en studente van krygkuns berei al weke lank voor. Maar met enige groot kompetisie is goeie skeidsregters ook nodig. So verduidelik Awie Davis van die Wolves Martial Arts Academy.

Hulle het Vrydagaand ‘n skeidsregterkursus aangebied vir ouers en leerlinge wat ook aan die kampioenskapp sal deelneem.

Die Clash at the Wolves Den vind Saterdag by Ingwenyama Sports and Conference Centre buite Witrivier plaas.

“Die doel van die seminaar was om die bestaande skeidsregters weer op te skerp en nuwe skeidsregters op te lei,” verduidelik Davis op die vooraand van die toernooi.

“Aspekte wat hanteer is, is die reëls van toepassing op gevegkuns en vorms asook die toekennig van punte en beoordeling van spesifieke afdelings.”

Die Lowveld Fight Club, White River Kickboxing en Choegang Dojang – Taekwondo van Lydenburg sal ook aan die Wolves toernooi deelneem. Dit val saam met die 25ste herdenking van Wolves se stigting.

Boonop sal die assosiasie se Grand Master Eddie Jacobsen en ander meesterinstrukteurs ook die toernooi meemaak.

“Ons sien daarna uit om die spanne te verwelkom en die dag saam met hulle te geniet,” sluit Davis af. Navrae: Awie Davis by awie@wolvesacademy.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button