Local sportSport

Laeveld kry wind van voor teen Renegades

Span is slaggereed vir die komende APC Noord Imperial Nelspruit Rugbytoernooi wat Maandag in Mbombela afkop.

Soms moet ‘n mens net die span wat aan die kortste end trek toejuig, en die Pumas Laeveld se wedstryd Donderdagaand teen die Steval Pumas Renegades was só ‘n geval.

Die Laeveld-span staar eersdaags die grootste toets van hulle seisoen in die gesig wanneer die APC Noord Imperial Nelspruit Rugbytoernooi afskop.

Die amateurspan het met die 5-38 die knie teen die professionele Renegades gebuig, maar afrigter Reghardt Meyer was tevrede. Die Laeveldspan kon hulle man teen die Renegades staan, in die meeste fasette.

“Alles lyk goed,” het hy na die wedstryd by Witrivier Rugbyklub gesê.

Die professionele Renegades is saamgestel uit gekontrakteerde Steval Pumasspelers wat nie weekliks in die Curriebeker speel nie, en hiermee speeltyd gegun word.

Hulle uitmuntende fiksheid het in die tweede helfte duidelik geblyk bo die van die Laeveldspan, en hul verdediging was deurlopend beter.

Die Laeveldspan kon wel by tye die bal uit die Renegades se hande hou en sodoende keer dat hulle nog punte aanteken.

Dié oefenwedstryd het egter nie gegaan oor wen of verloor nie, en was boonop net die derde wedstryd wat die span saam gespeel het hierdie seisoen, voor die APC-toernooi Maandag afskop.

Dit gee amateurspelers die geleentheid om provinsaal te speel, en vanjaar sal die agt amateurspanne dit in Mbombela vir die titel uitspook.

Dit skop Maandag by Nelspruit Rugbyklub af. Ingang is gratis.

  • Puntemakers

Steval Pumas Renegades

Drieë: Jannie Stander (2), Wilmaure Louw, Dewald Pretorius, Deon Helberg en WF Kotze.

Verdoelings: Heinrich Steyl (4).

Pumas Laeveld

Drie: Johannes Jonker. Monday

  • APC Noord Imperial Nelspruit Rugbytoernooi Program: Maandag

13:00 Lions teen Limpopo Bulls

15:00 Luiperds teen Blue Bulls Invitation XV

17:00 Blue Bulls teen Pumas Highveld

19:00 Pumas Lowveld teen Valke

  • Die res van die week se program sal bepaal word deur die uitslae op die eerste dag, maar die tye sal elke dag dieselfde bly.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button