Local sportSport

Sy is beste in provinsie

Die liggaamsbouer, Tessa Els het wéér naam gemaak toe sy 'n eerste plek die afgelope naweek in die Nabba se provinsiale kompetisie behaal het.

Sy is gekies om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat op 10 Oktober in Durban plaasvind, deel te neem.

“Ek sien ongelooflik baie uit. Mits ek daar in die top-ses eindig, kan ek vir die wêreldspan gekies word om my land te verteenwoordig. Dit vind vanjaar in Suid-Afrika by Unisa plaas. Ek geniet elke kompetisie ten volle en ontmoet elke keer nuwe mense.”

Ter voorbereiding vir haar opkomende kompetisie, gaan sy ‘n strenger dieet volg, harder oefen en daagliks verbeter om moontlike leemtes te dentifiseer. “My afrigter, Byron Chemaly, ondersteun my deur dik en dun en hy help my om my program stap-vir-stap te volg.”

Haar eerste kompetisie was aan die begin van die jaar by die IBFF wat in Midrand plaasgevind het.

Vir die wat graag ‘n bydra wil maak sodat sy SA’s toe kan gaan, kan haar Facebook-blad besoek of haar by 073-245-8461 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button