Gholfdag gee hupstoot vir Nelspruit Hospice
Marius Nel en sy twee Pumasspanmaats, Dewald Pretorius en Hennie Skorbinski, het vanjaar se Nelspruit Hospice-gholfdag wat Vrydag op Nelspruit Buitebaan plaasgevind het met 'n puntetelling van 95 gewen.
Dit was vanjaar die nie-regeringsorganisasie se agtste gholfdag en ongeveer R50 000 is ingesamel.
Pretorius het óók ‘n verdere twee pryse ontvang vir naaste aan die gat op vyf asook vir die verste dryf op 18. Jetje Japhet, Theresa Dreyer, Annemarie van Heerden en Sue Prior was kort op hul hakke met 85.
Altesaam 95 spelers het aan die dag deelgeneem met geskenkbewyse van Cappucinnos, Mediterranean I’langa, Greek Kouzina, Jock Pub & Grill, Mopani, Deli Spices, Dynamic Vision en Michem. Corporate Pride, Coppercraft, Hi-Q, Rudamans en die Proshop het ook items as pryse geborg.
Naaste aan die pen
• Buster Marx – derde
• Dewald Pretorius – vyfde
• Margie Wood – 13de
• Jon Halls – 17de.










