Local sportSport

Pumas Laeveld, Bulle en Luiperds goed op dreef in provinsiale toernooi

Dit was 'n fees van drieë gedurende die eerste dag van die Noord Amateur Provinsiale Kampioenskappe wat Maandag by Nelspruit Rugbyklub afgeskop het.

Die Blou Bulle het die grootste telling van die dag opgestel toe hulle die Pumas Hoëveld 85-3 verslaan het, terwyl die Leeus die Limpopo Blou Bulle ook 60-27 geklop het.

Die plaaslike span, die Pumas Laeveld het in die hoofwedstryd van die dag ook geseëvier toe hulle die Valke 50-13 geklop het.

Die verdedigende kampioene, die Luiperds het die Blou Bulle Uitnodigingspan XV in ‘n spannende stryd, 31-25 oorwin.

Die Blou Bulle het 13 drieë aangeteken en met 10 doelskoppe pale toe geslaag en was reeds teen rustyd 38-3 voor.

Die Laevelders was na die eerste 40 minute gemaklik 31-6 voor met die losskakel, Tiaan Marx wat met ‘n vyfpunter, ses doelskoppe en een strafskop gespog het.

Die uitnodigingspan speel vandag teen die Pumas Laeveld in die openingsronde van die tweede dag om 13:00 en die Limpopo Blou Bulle sal teen die Valke kragte meet.

In die oorblywende twee wedstryde speel die Luiperds en die Blou Bulle om 17:00 en die Pumas ding om 19:00 teen die Leeus mee.

Dag 1 – uitslae
• Leeus 60 – 27 Limpopo Blou Bulle
• Luiperds 31 – 25 Blou Bulle Uitnodigingspan XV
• Blou Bulle 85 – 3 Pumas Hoëveld
• Pumas Laeveld 50 – 13 Valke.
Dag 2 – program
• 13:00 – Blou Bulle Uitnodingspan XV vs. Pumas Hoëveld
• 15:00 – Limpopo Blou Bulle vs. Valke
• 17:00 – Luiperds vs. Blou Bulle
• 19:00 – Pumas Laeveld vs. Leeus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button