Local sportSport

Tessa bult haar spiere vir die SA’s

Na ‘n skitterende oorwinning by die Nabba provinsiale kampioenskappe twee naweke terug, is liggaamsbouer Tessa Els hard aan die voorberei vir die SA’s.

Tessa Els, een van die omgewing se blinkste sportsterre, het onlangs ‘n eerste plek in die Nabba Provinsiale Kampioenskappe behaal en gaan op 10 Oktober in Durban aan die nasionale kampioenskappe deelneem.

Sy vertel dat sy ongelooflike baie na die geleentheid uitsien, aangesien die top ses deelnemers gekies word om na die wêreld kampioenskappe te gaan. Dit sal hierdie jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou word.

Tessa meen dat sy eintlik geen struikelblokke in haar sport ondervind nie, maar dat sy baie sukkel om goeie borge te kry.

Haar gunsteling deel van die sport is om tydens elke kompetisie nuwe mense te kan ontmoet en te sien hoe ou vriende verbeter het.

Die liggaamsbouer het vroeër die jaar aan ‘n IBFF-kompetisie deelgeneem en vertel dat elke vlak van kompetisies ‘n mens voorberei vir die volgende ene.

Sy is tans besig om haar liggaamsbou op internasionale standaarde te kry en volg ‘n streng dieet en oefen baie hard. “Ek probeer elke dag net verbeter waar ek dink verbeter moet word. Dit is waar my goeie afrigter, Byron Chemaly, baie belangrik is, want hy hou aktiwiteite dop sodat hy weet wat verander of verbeter moet word,” vertel Tessa.

Die liggaamsbouer vertel dat sy al so baie mense het wat haar ondersteun dat sy al klaar soos ‘n wêreldkampioen voel. Sy sê egter dat sy dit baie sal waardeer as mense ‘n R100 donasie sal maak om haar te help met die kostes om SA’s toe te kan gaan. Belangstellendes kan haar kontak deur haar facebookbald (Tessa Pieter Els) of haar skakel of sms by 073-245-8461.

Sy wil graag vir almal wat haar help om so mooi te lyk op die verhoog baie dankie sê, asook haar man, Piet Els, wat haar bystaan en help om op haar dieet- en oefenplan te bly.

Lees meer oor Tessa se prestasies hier:

Local bodybuilder to compete in first IBFF show in Africa

Fitness beauty makes an impression at IBFF competition

Local fitness beauty takes fourth place in Rossi Classic

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button