Local sportSport

Amateurbeker wink vir Laeveld

Die Pumas Laeveld kan moontlik vanmiddag geskiedenis maak mits hulle vir die eerste keer die Noordelike Provinsiale Amateurskampioenskap-trofeë omhoog hou.

Dit nadat hulle Woensdagaand by die Nelspruit Rugbyklub in die halfeindstryd die Leeus in ‘n spannende wedstryd 18-16 geklop het. Hulle kom vanmiddag teen die Blou Bulle te staan, wat die verdedigende kampioene, die Luiperds uitgeskakel het.

Die Pumas kon nog nooit sedert die bestaan van die toernooi tot die eindstryd deurdring nie.

Albei spanne was sterk op die aanval en verdediging en met rustyd 10-7 in die gasheerspan se guns. Die Pumas het ‘n drie en ‘n strafskop in die tweede helfte aangeteken met die Gautengers wat met drie strafskoppe geslaag het.

Die Pumas-agterspelers se blitsvoete, Pule Sibiya en Lloyd Malatji was uitstekend.

In ander wedstryde het die Limpopo Blou Bulle die sukkelende Valke 38-24 geklop en die Blou Bulle Uitnodigingspan het ‘n oortuigende sege van 46-15 teenoor die Pumas Hoëveld behaal.

Die Blou Bulle het in die eerste 40 minute teen die Luiperds hul kanse goed gebruik en was reeds teen rustyd 27-12 voor. Die manne van Potchefstroom het met ‘n reuseterugvegpoging na rustyd twee verdoelde drieë aangeteken met hul opponente wat net ‘n verdere sewe punte kon opskryf. Die Pretorianers se Stevn Moir het een van sy span se twee drieë gedruk en met vyf strafskoppe en twee doelskoppe geslaag.

In die laaste ronde van die toernooi speel die Valke teen die Pumas Hoëveld in die eerste wedstryd van die dag. Daarna sal die Leeus en die Luiperds mekaar pak en in die derde wedstryd sal die Limpopo Blou Bulle en die Blou Bulle Uitnodigingspan mekaar die stryd aansê.

Die hoofwedstryd skop om 15:00 af.

Uitslae, Woensdag 9 September
• Blou Bulle Uitnodigingspan 46 Pumas Hoëveld 15
• Limpopo Blou Bulle 38 Valke 24
• Luiperds 26 Blou Bulle 34
• Pumas Laeveld 18 Leeus 16.

Wedstrydtye
• 09:00 – Valke vs. Pumas Hoëveld
• 11:00 – Luiperds vs. Leeus
• 13:00 – Limpopo Blou Bulle vs. Blou Bulle Uitnodigingspan
• 15:00 – Pumas Laeveld vs. Blou Bulle.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button