Local sportSport

Pumas reg vir fisieke kragmeting in Kimberley

Die voormalige Blitsbok, Deon Helberg is in die plek van Stefan Watermeyer ingespan vir die Steval Pumas se wedstryd teen die ORC Griekwas die naweek.

Die losskakel, JC Roos wat reeds 59 punte in die Absa Curriebeker aangeteken het, is nie oorweeg vir Saterdag se kragmeting in Kimberley nie. Roos het na afloop van die Pumas se wedstryd teen die Cell C Sharks sy knieligamente geskeur en is vir die res van die seisoen buite aksie. Justin van Staden sal die rol as skopper vertolk. “Dit is vir hom niks nuut nie. Hy het gedurende verlede jaar se Curriebekerwedstryde begin. Hy het lank gewag vir sy kans,” het breier MJ Mentz gesê.

Met Watermeyer wat nie deel van die 22-tal is nie, sal Faf de Klerk die kapteinskap oorneem. “Hy is ‘n klein terrior op die veld en gee nie sommer op wanneer hy die bal dra nie en hy is beslis die doring in enige speler se vlees.”

Nóg ‘n kopseer wat die Laevelders oorgekom het, is die beserings van JW Bell (skenkelsening), die haker Jacques Momberg (duim gebreek) en die Springbokstut, Vincent Koch wie se knie nie ten volle herstel het nie. “Dit is geforseerde veranderinge wat ons moes maak.”

Die Pumas sien uit na ‘n fisieke wedstryd, van groot duiksale en goeie baldraers terselfdetyd met briljante agterlynspelers soos Riaan Viljoen en Clinton Swart. “Ons verwag ‘n wedstryd waar ons ons kanse sal moet gebruik. Verlede jaar teen die Griekwas het strafskoppe bepaal wie die wenner was en hierdie jaar kan ons dalk dieselfde verwag.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button