Local sportSport
Jong judokas maak opspraak op die mat
Die groentjies van die plaaslike judoklub het opspraak gemaak tydens die afgelope naweek se Nelspruit Ope-toernooi wat Saterdag by die Oewersigsaal gehou is.

Judokas van Oos-Gauteng, Sentraal- en Noord Gauteng, Witrivier, Mbombela en Phalaborwa was op die mat in aksie.
Die Nelspruit Judoklub het vyf goue medaljes en een tweede plek verower.
Waldo Moolman (6) het in die 21 kilogram gewigsafdeling, Keagen Knighton (7) in die 27kg, Karlo Moolman (8) ook 27kg, Keenan Grant (10) 38kg en Leonard Anderson (10) in die 46kg almal eerste plekke op die podium ingeneem.
Die agtjarige Josh Daniel wat in die 27kg-afdeling deelgeneem het, het ‘n silwer medalje verower.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





































