Local sportSport

Klub se skopboksers raap 19 medaljes op

Skopboksers van die Witrivier Kickboxing-klub het op 5 September tydens Wolves Martial Arts Academy se jaarlikse Clash of the Wolves' Den 19 medaljes verwerf.

Die jaarlikse Clash of the Wolves’ Den was ‘n gemengde toernooi wat uit items vir verskillende krygsgevegkunste soos skopboks en Krav Maga bestaan het, en deelnemers van so ver as Bloemfontein het hiervoor na Wolves Martial Arts Academy in Mbombela gereis.

Junior de Beer en Elmarie Cornelius was onder die vier wat as die bestes van die dag uitgesonder is. Afrigter Drikkie van Staden sê die klub is baie trots op die twee, asook al die ander klublede wat hul staal gewys het met die tang soo do (punte gevegte) en die continuous kick-boxing.

Die medaljewenners was Zelrie Viljoen (goud), Lindri van Staden (twee silwer), Elmarie Cornelius (goud en brons), Veruscha Stoltz (silwer), Alicia de Wet (silwer), Jurgens Hattingh (twee goud), Antonie Hattingh (twee silwer), Martin Zeelie (twee goud), Zander Viljoen (brons), Francois Botha (twee silwer), Dyllan Whitfield (silwer) en Junior de Beer (twee goud).

Lees meer oor die klublede se vorige prestasies:

Kick-boxers come home with two medals each

Kick-boxer crowned Junior SA Champ

Skilled White River kick-boxer crowned one of the world’s best

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button