‘n Tennismarathon van formaat
Byna 100 spelers het Saterdag tot die kinkende sukses van Nellies Klub 1000 se tennismarathon bygedra.
Byna 100 spelers het Saterdag tot die kinkende sukses van Nellies Klub 1000 se tennismarathon bygedra. Van ‘n heerlike dag se tennis tot die ruimhartige ondersteuning van die gemeenskap en borge.
Tot dusver is ‘n totaal van
R196 000 vir die klub ingesamel. Die dag is gehou na aanleiding van die reusesukses van verlede jaar se gholfdag, asook die sukses van die tennismarathon in 2013. Die spelers het van vroegoggend tot laataand op twee bane gespeel. Oud en jonk het lekker saamgespeel en die Nellies het, onder leiding van Leoni Myburgh, aan verskeie tennisspeletjies deelgeneem.Nellies Klub 1000 het hul jaarlikse lentebraai langs die baan aangebied, wat tot die gemoedelike atmosfeer bygedra het. Daar is ook aan
dr. Louis Vosloo, wat ‘n groot bydrae tot die verkryging van borge gelewer het, eer betoon. Hoërskool Nelspruit spreek sy dank en opregte waardering uit teenoor die borge en vriende van die skool, wie se ondersteuning tot die sukses van die tennismarathon bygedra het.






