Local sportSport

Tyd vir krieket en braaivleis

Wat is lekkerder as die reuk van 'n braaivleisvuur en goeie krieket? Die Unlimited Titans en die VKB Knights speel op Erfenisdag hier in die Laeveld.

Uplands College saam met Casterbridge Hollow en Magnolia Restaurant het onlangs ‘n driejaar-kontrak met die span van Pretoria geteken. Dié twee spanne gaan vir die Ehlanzeni-beker in ‘n 50-boulbeurtwedstryd meeding.

Groot name in die krieketwêreld soos Albie Morkel, Henry Davids, Ethy Mbhalati, Marchant de Lange, Theunis de Bruyn, Chris Morris, Quinton de Kock en Dean Elgar gaan in aksie wees (mits Morris, De Kock en Elgar vir die Proteas gekies word, sal hulle nie beskikbaar vir die wedstryd teen die Knights wees nie).

Waar: Uplands College
Wanneer: Donderdag 24 September om 9:30
Koste: R30 ‘n kaartjie wat by ticketpro.co.za, Edgars Riverside Mall, Postnet Witrivier te koop is. Kaartjies sal ook die oggend by die hek gekoop kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button