Local sportSport

Spanne verf mekaar behoorlik in taai stryd

Die Lowveld Paintball Range was onlangs gasheer vir die uiters suksesvolle, jaarlikse Children In Distress-verfbalpretdag.

Die Lowveld Paintball Range was onlangs gasheer vir die uiters suksesvolle, jaarlikse Children In Distress-verfbalpretdag.
Dit sou aanvanklik ‘n driemankompetisie gewees het, maar met ‘n oorvloed van belangstelling het dit in twee groot spanne geëindig. Dié twee spanne het twee keer teen mekaar te staan gekom, voordat ‘n nuwe een weer gekies is om die spel interessant te hou en kameraadskap op te bou.
Hoewel dit slegs ‘n pretdag was, is daar voor elke spel eers ernstig beraadslaag oor watter roete om op die baan te volg en die gedeelte van die baan wat elk moet verdedig.
Die reëls – as jy enige plek op jou lyf of toerusting getref word, is jy uit. Baanopsiener Waldo Smith was op sy pos om seker te maak dat alles glad verloop.
Die normale veiligheidsmaatreëls is deurentyd streng toegepas om te verhoed dat die spel in chaos en beserings ontaard. Die gewere word streng nagegaan en gestel om nie ‘n balspoed van meer as 280 voet per sekonde te bereik nie. Die maksimum toelaatbare balspoed volgens die toerustingvervaardigers se spesifikasie is 300 voet per sekonde.
Die spelers se ouderdomme het van 11 tot 46 gewissel en die vaardigheidsvlak van spelers wat twee tot drie maal per week speel tot die sosiale spelers wat hoogstens drie maal jaarliks speel.
Daar was selfs ‘n onervare dame wat die manne goed geverf het, en selde raakgeskiet is.
Die opwinding het aangehou en soos die spelers begin minder raak het, het die bittereinders vir vermaak tot omstreeks 17:00 gesorg.
Dit was volgens organiseerders ‘n uiters suksesvolle dag.
Besoek Lowveld Paintball Range vir inligting oor opkomende byeenkomste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button